| Mieke Marais Nuwe aktiwiteite, geleenthede en uitdagings. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Ek sal ''Chicken Roti's'' eet. Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Die naam van die speletjie sal 'Mind Mover ' wees en my spesiale vermoë sal telekenise wees. As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? My reël wat almal in die wêreld vir een dag moet volg, sal wees dat almal met fietse in plaas van karre moet ry. ‘n Helpie is sinoniem met… Iemand wat baie respek het vir ander, onbaatsugtig op tree en lewenslustig is. As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Ek sal Eleven van Stranger Things wees omdat, sy baie koel spesiale vermoë het en sy het 'n goeie hart. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Jonk en Danig- Deur Droomsindroom |