| Leané van Schoor Om deel te wees van so great skool is vir my ? baie groot voorreg en ek sien uit daarna om nuwe vriende te maak. Ek moet eerlik wees, ek sien ook baie uit daarna om Vellies te dra vir skool en al die lekker social events saam! As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Poke Bowls (my Ma sin met lekker mince, soos net sy dit kan maak ) Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Naam: We can be heroes , Spesiale vermoë: Om al die hawelose diere te red, hulle te kan sien met my infrared eyes, presies te identifiseer wat hulle nodig het en dan dit vir hulle te doen! ?? As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? “Help a needy dog day” - almal moet op die dag n huisie maak vir n hond wat niks het nie en tyd saam met hom spandeer. Só sal hulle hartjies sag word en hopelik sal elke verlore hondjie dan n huis met liefde kry ?? ‘n Helpie is sinoniem met… Trots As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Happiness in “ Inside Out” - om die vermoë te hê om almal gelukkig te maak! Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? You need to calm down - Taylor Swift |