| Bella Coertze Ek sien uit na alles. Ek sien uit na al die sport opsies, ek sien uit om 'n ekstra taal te leer, ek sien ook baie uit na al die nuwe gesigte en maats en ek sien uit om goed toe doen daar saam met ander maats wat ook goed doen. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Chocolate Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Dirtbike Rider - ek hou baie daarvan om Enduro te ry op my motorfiets As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Dat al die mense op straat in enige restaurant kan gaan eet vir die hele dag sonder om te betaal ‘n Helpie is sinoniem met… Gebalanseerd As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Wonder Woman - want sy is so sterk en selfversekerd en nie bang vir enige uitdaging nie Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Impulsief - van Barto |